

WERKLIK GEURIGE RYS
Rasper 1 groot wortel
Sny 1 groot ui in halwe ringe
Sny 1 groen soetrissie in blokkies
Sny 1/2 rooi soetrissie in repies
Sny 4 jong babymarrows in ringetjies
Kap 1 pakkie sampioene grof (opsioneel)
Braai bogenoemde in bietjie olie en botter, begin met die wortels tot die olie n mooi oranje kleur kry en voeg dan die res by. Braai tot gaar en geur met kaas aromat. Voeg nog n lekker groot klont botter by tot gesmelt. Hou eenkant.
Kook 1k rys tot gaar, meng n kaasblokkie in die warm rys en meng dan met die gebraaide groentemengsel.
Kaasblokkies is nie meer beskikbaar, ek stel voor kook jou rys met net die helfte van die sout as wat jy gewoonlik gebruik en vervang die ander helfte met kaas aromat.
Bron en Foto: Mariaane de Beer







Jenny Vlok
Marianne baie dankie vir jou rysresep het dit vdag gemaak en was n reuse sukses. Nogmaals baie dankie