

TANNIE ANNA SE SJOKOLADE KOEK – WITKOEK
Tannie Anna was my ouers se buurvrou in jare ’80. Sy het vir tuisnywerheid gebak. Sy my ook geleer mens steek nie kante van koek weg nie. Resep vir sjokolade en witkoek.
1 ¾ koppie suiker
5 eiers
2 koppies koekmeel
½ teelepel vanilla geursel
3 teelepels bakpoeier
8 eetlepels kookolie (witkoek – 4 eetlepels sonneblom olie)
1 koppie kookwater
1 teelepel oploskoffie (witkoek – los uit)
6 opgehoopte teelepels kakao poeier (witkoek – los uit)
knippie sout
Voorverhit oond 180°C.
Smeer/spuit 2 panne.
Klits suiker en eiers tot lig en romerig.
Voeg olie by en klits.
Voeg vanilla by en klits.
Sif meel, sout, bakpoeier, oploskoffie en kakao saam.
Meng meelmengsel by eiermengsel.
Klits kookwater by.
Deel mengsel tussen 2 panne.
Bak vir 25 tot 30 min.
Laat afkoel en versier.
Resep en foto: Elzetna De Bruin






