

PETRE SE KOEMKWATKONFYT
Dit het ek gekook soos wat ek gedink het dat ek dit wil hê….
1 ½ kg koemkwatte met n naald geprik
1 ½ kg suiker
3 goeie spuite suurlemoensap
Plaas koemwatte in ‘n kastrol.
Bedek met water en kook om en by 1 uur.
Giet die water af en voeg 1 ½ kg suiker by, asook die suurlemoensap.
Roer goed deur en begin ook oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Draai hitte hoër en kook tot stroop begin verdik en die koemkwate deurskynend is.
Bottel warm.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld







Geskuif