

MARIANA SE LEKKER BESKUIT EN MELKTERT
Heerlike beskuit.
250 gm Ideal mix
2 ½ koppie suiker
10 ml bakpoeier
1 kg bruismeel
500 gm Stork margarien
2 eiers geklits
10 ml sout
500 ml room
Meng goed.
Smeer oondpan, skep beslag in. Bak omtrent 35 minute of tot pen skoon uit kom . Keer uit op draad rak. Laat afkoel en sny dan. Droog uit 3 ure op 90 ºC. Ek hou van klein beskuitjies soos op foto. Resep by ‘n vriendin gekry.
Foto en resep: Mariana En Willie Brits
Melktert resep.
Die kors:
1 koppie koekmeel
sout
plus minus 125 g margarien effens gesmelt.
Meng die bestanddele saam. Voeg nog meel of margarien by indien nodig. Druk in pan vas om kors te vorm en bak tot effens verkleur by 180ºC
Vulsel: vir 1 tert:
2 koppies melk
½ koppie koekmeel
½ koppie suiker
2 eiers
sout
12.5 ml margarien
Plaas 1 ½koppie melk in ‘n pot. Plaas op stoof op matige hitte. Meng suiker, meel en sout met die ander deel van die melk. Sodra melk kook voeg bietjie van die kookmelk by meelmengsel, meng en skep hele mengsel terug in die pot. Roer tot dit kook. Roer stukkie margarien by. Kook ‘n rukkie.
Klits eiers. Verwyder melkmengsel van die stoof af. Roer eiers vinnig by. Plaas terug op stoof en kook tot gaar. Skep in gaar tertkors.
Strooi kaneel oor. Laat afkoel.
Dit is ‘n baie ou resep van my ma. Lekker eet
Foto en resep: Mariana En Willie Brits






