


SERINA SE SJOKOLADE PLAATKOEK
Bron: Serina Wiid
Foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
750 ml (3 koppies) koekmeel
20 ml (4 teelepels) bakpoeier
500 ml (2 koppies) suiker
5 ml (1 teelepel) koeksoda
80 ml (1/3 koppie) kakoa
knippie sout
500 ml (2 koppies) kookwater
250 ml (1 koppie) olie
10 ml (2 teelepel) vanielje geursel
50 ml wit asyn
Voorhit oond tot 180°C.
Spuit oondpan met kleefwerende middel of smeer met botter.
Sif droë bestanddele saam.
Meng res van die bestanddele saam in ‘n beker, en giet egalig oor die droë bestanddele.
Meng goed, gooi in oondpan, maak gelyk en stamp effens om die blasies te verwyder.
Bak vir 20 min of tot koek wegtrek van kante af.
Versiering
125 g botter
375 ml versiersuiker, gesif
30 ml kakao
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
1 bakkie room (250 ml) klits botter, kakoa en versiersuiker. Voeg by vanielje geursel.
Klits room en vou by botter mengsel in.
Giet oor koek en laat afkoel.
Versiersel moet oor die warm koek gegooi word.
Versiersel op die foto
https://www.foodloversrecipes.com/2015/08/karamel-versiersel-van-kitspoeding/
Second photo: Colleen Van Wyngaardt
(Made the icing according to the recipe above, just used 60 ml cacao)






