

RED VELVET KOEK MET BEET
1 kg Rou beet geskil en gerasper.
Koue water om mee te bedek.
Sit die beet in n kastrol en bedek met water. Kook stadig vir 2 ure tot die beet se kleur uitgekook in die water is en die beet vaalgrys is.
Giet af en gooi die vog terug in die pot. Sit 2 eetlepels asyn by en kook nog ‘n goeie 2 ure oop tot die vog halveer het.
Beslag:
4 eiers, geskei
1 koppie suiker
30 ml kakao, opgemaak tot 200 ml met beetkonsentraat en ‘n bottel koekkleursel indien verkies.
90 ml sonneblomolie
1 teelepel vanilla
Knippie sout
280 tot 300 ml meel afhangend van die weer
3 teelepels bakpoeier
Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
Klits die eiergele en suiker met dieselfde klitser tot dik en bleek +-8min.
Voeg die kakaomengsel, olie en Vanilla by en sif die meel dan oor. Meng tot net gemeng teen lae spoed.
Sprinkel die bakpoeier oor en vou die stywe eierwitte in 2 “stages” versigtig in.
Giet in voorbereide 23cm pan, uitgevoer met silikon papier.
Bak by 180°C. vir 45 tot 60 min of tot toetspen skoon uitkom.
Wenk: sit n poedingbakkie kookwater in die oond terwyl jy bak. Dit hou die koek klam.
Keer uit op n draadrak en koel af onder n nat vadoek.
Wanneer koud, sny in 3 en vul met Frikkie se Roomkaasversiersel
https://www.foodloversrecipes.com/2016/03/frikkie-se-roomkaas-versiersel/
en gekapte Pekanneute. Stoor die koek by kamertemperatuur om uitdroog te keer.
Hierdie resep kan maklik verdubbel word of 1.5 keer aangemaak word. Moet net nooit meer as verdubbel nie.
Bron: Frikkie Jones
Foto: Petré Van Jaarsveld
Ek het die Heerlike versiersel op die stoof gebruik en gekapte pekanneute bygevoeg. Geblikte aarbeie op gesit en sjokolade op gerasper..
https://www.foodloversrecipes.com/2014/09/heerlike-versiersel-op-die-stoof/






