

FRIKKIE SE ROOMKAAS VERSIERSEL
Resep: Frikkie Jones
FOOD LOVERS RECIPES
125 g roomkaas teen kamertempertuur ( baie belangrik)
125 g botter teen kamertempertuur ( baie belangrik)
Knippie sout
250 g versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel suurlemoensap
Optioneel: 1 suurlemoen se skil fyn gerasper
Variasie: Vir sjokolade versiersel voeg 60 ml kakao by.
Klits die botter tot donsig en glad.
Voeg die roomkaas by en klits weer tot glad.
Sif die versiersuiker, kakao (indien gebruik) en sout by en klits tot wolkerig.
Klits die suurlemoenskil en sap by en gebruik.
Genoeg versiersel vir 1 x dubbellaag groot koek







Geskuif