

PETRO SE LEKKER HOENDER
Bestandele
Hoender stukkies
1 koppie koekmeel,
5ml bakpoeier,
5ml sout,
1 koppie koue water,
1 eier,
aromat of enige speserye na smaak,
1 ekstra koppie koekmeel,
olie vir diepbraai.
MAAK SO: Gooi 1 koppie meel in mengbak, Breek eier in koppie en vul tot bo met water, klits met vurk tot goed gemeng, gooi gelydelik by meel en meng baie goed. Voeg speserye of aromat, bakpoeier en sout by en meng goed. Gooi ekstra koppie meel in sakkie of bak met deksel sodat jy die hoender daarin kan plaas en skud om te bedek met meel. Vat nou die hoender en doop in die deeg, bak in warm olie tot gaar en lekker bros. (Jy kan natuurlik boxie krummels ook gebruik)
Resep: Petro Labuschagne
Foto: allrecipes.com






