MIELIEPAP IN DIE OOND MET CHAKALAKA
750 gr growwe mieliemeel
250 ml melk
500 ml water
¼ koppie olie
2 blikke sweetcorn
Ui en sampioene gebraai
Blikkie chakalaka of tamatie en uie sous.
Kaas
Sout en peper na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk, sweetcorn gebraaide uie en sampioene saam en skep in oondpan, skep dan die tamatie en uie bo oor en rasper kaas oor.
Bak in die oond tot gaar.
Bron: Vertaal en aangepas deur Sharmane Engelbrecht
Foto: Martha Coetzee
Ek probeer die resep as bykos vir later se braai. Ek’t net kaas bo oor gestrooi en droë pietersielie. Ek’t Boerie Relish gebruik ipv tamatie en uie smoor.