

ASIATIESE EIERGEBRAAIDE RYS
Meng die volgende saam:
¼ teelepel sesame olie
¼ teelepel vis olie
3 teelepel soya sous
Gebruik 1 teelepel van die mengels per koppie gaar rys.
Kook rys tot net gaar, hou eenkant.
Klits 1 eier met bietjie water. In ń warm wok of pan giet olie in met ½ teelepel Chinese 5 spice, voeg die eier by en klits met vurk om klein stukkies eier te vorm, meng rys goed deur. Voegnog soya sous by na smaak.
Resep: Retha Marais
Foto: Heather Le Roux






