

LEKKER KOMKOMMERSMOOR
3 groot engelse komkommers
250 g spekvleis
100 ml suiker
50 ml druiweasyn
15 ml koekmeel
Peper en sout na smaak
Halveer komkommers in die lengte en verwyder die pitte, sny in 1cm skywe.
Braai die spekvleis tot bros en sny kleiner.
Plaas terug in pan, voeg komkommer by en meng.
Sif die koekmeel bo-oor en roer aanhoudend tot die sous verdik en kook.
Bedek en verlaag die hitte, prut tot die komkommer sag is, maar nie pap nie.
Geur met sout en peper.
Foto: Sharmane Engelbrecht






