MARIANNE SE WARM BOTTERBONE SLAAI
1 blikkie botterbone
1 teelepel matige kerrie
½ pakkie bruin uiesoppoeier
1 teelepel Maizena
1 bossie gekapte uiegras
Plaas die botterbone in ‘n klein kastrolletjie.
Voeg die kerrie, uiesoppoeier en Maizena by.
Meng goed tot daar geen klonte is.
Voeg die uiegras by en bring tot kookpunt, terwyl geroer word.
Prut so 3 min tot deur warm.
Foto : Marianne de Beer