

MARIANNE SE ANDERSTE SHEBA
Bron en foto: Marianne de Beer
3 koppies fyn gekapte tamaties
3 groot gekapte uie
1 hoenderblokkie
1 teelepel sout
oorspronklike Aromat na smaak
2 eetlepels suiker
1 koppie gemengde soetrissies (geel, rooi, groen)
± 1 koppie vol murgpampoentjies, in skyfies gesny
Braai eers die uie tot sag en voeg dan tamatie en geurmiddels by.
Wanneer tamatie ook gaar is, voeg al die ander bestanddele by en prut tot murgpampoentjies sag is, voeg water by soos nodig.
Meng 2 eetlepels tamatieroomsoppoeier en 2 teelepels bistopoeier, 1 eetlepel mayo in ‘n bietjie water en voeg by.
Prut tot lekker dik en voeg so skootjie room by. (Opsioneel)
Geniet saam met braaipap en al daardie lekker vleis wat julle altyd braai.






