

DEON SE HOENDER MUSHAVI
Wou eintlik eend gemaak het maar die eende vlieg te vinnig oor die Vrystaat uit vrees vir die haelgewere.
Kook fyn noodles met bietjie olie en sout.
Braai 1 kg hoenderstrokies in ‘n pan met geen sout, die sous is baie sout.
Sous:
250ml Kikoman soyasous,
80ml oestersous,
4 vol eetlepels grondboontjiebotter,
150ml cashow neute.
Chop gerus bietjie slaai uie ook in.
Maak sous warm dat botter smelt.
Plaas hoender op noodles en gooi warm sous oor. Geniet!!
RESEP EN FOTO: Deon Huysamen






