

AARTAPPEL EN SPEK GEBAK
5 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, gekap
1 eetlepel olyfolie
2 koppies gerasperde kaas
250 g pakkie spek, gekap
1 blikkie Ideal melk (354 ml)
½ blikkie melk (gebruik die Ideal melk se blikkie)
8 eiers
sout en peper na smaak
paar stukkies gekapte spruituie
Voorstel vir aartappels: sny vooraf in blokkies, pre-cook bietjie in die mikrogolf tot amper gaar.
Voorverhit oond op 180°C.
Verhit die olyfolie en braai die aartappels tot ligbruin.
Gooi die aartappels in ‘n bak wat gespuit is met spray en cook.
Pak lae, uie, kaas en spek.
Meng in ‘n bak die eiers, melk, sout en peper.
Gooi die eiermengsel oor.
Gooi spruituie oor.
Bak vir 45 na 55 min of tot eier gestol is.
Gee ruskans van 10 minute.
Wenk: Jy kan die spek vervang met blokkies ham.
Indien jy nie Ideal melk het nie, gebruik net melk.
Hierdie is ‘n groot resep – maak 15 skywe.
Halveer gerus die resep.
Resep en foto: Corrie Swart






