

WILMA SE AARBEI CREMORATERT
Hierdie aarbei-terte is gemaak met ‘n resep wat Rina vanoggend vir my gegee het vir ‘n Cremoratert. Omdat ek nie van Cremora se smaak hou nie, het ek dit aangepas. Hierdie terte proe soos Kaaskoek! Dit is heerlik… Hier is my weergawe.
2 pakkies Tennisbeskuitjies gekrummel en gemeng met 150 ml gesmelte botter.
Druk dit vas in 2 x 1liter tertborde en sit in die yskas tot benodig.
Vulsel
(Ek het die kondensmelk, aarbeie in stroop en melkpoeiermengsel oornag in die yskas gesit)
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie Aarbeie in natuurlike stroop
2 koppies cremora aangemaak met 150 ml kookwater
1 pakkie aarbei jellie aangemaak met 150 ml kook- en 150 ml koue water. Laat afkoel maar nie gestol nie
1 sakkie Gelatien (10g)
1 koppie suurlemoensap
2 klein houertjies bessie jogurt
Spons die gelatien op louwarm water. Hou eenkant
Meng die jellie, kondensmelk, jogurt, suurlemoensap en cremoramengsel saam
Dreineer die aarbeie, hou 10 eenkant vir versiering en verpulp die res.
Voeg die aarbeie en gelatien by die kondensmelk mengsel.
Meng deur.
Skep in tertkorse en plaas in die yskas vir 2 ure.
Sny die aarbeie wat uitgehou is in die helfte en versier die terte daarmee. ( Die aarbeistroop word gehou om pampoen, patats of souse vir poedings mee te versoet. )
Sit terug in die yskas vir ‘n halfuur of tot benodig
FOTO EN RESEP: Wilma Josey Verster






