

WARM KOOL EN RYS SLAAI
1 koppie rou rys gekook soos jy daarvan hou, nie te pap gekook nie.
Los n pakkie hoendernoedelsop op in 1½ koppie water en bring tot kookpunt terwyl geroer word, prut vir 10min.
Braai 2 groot uie, op gekerf en 4 koppies fyn gekerfde kool in n ½ koppie margarien of botter tot net sag maar nog effe bros. Meng met sop en dan met gaar rys. Ek het bietjie sout oor die kool gestrooi terwyl ek gebraai het maar die resep vra nie vir sout nie. Die gereg is maar vaal en ek sal volg keer gerasperde wortel en greenpepper saam met die kool braai vir bietjie kleur, maar dit was heerlik al was ek bietjie skepties.
FOTO: Marianne de Beer
BRON: kortpadkos” van Anette Human







Bettie Venter
Marianne de Beer ek het vannaand jou kool en rys slaai gemaak het bietjie aangepas en spekstukkies by gebraai proe heerlik. Mooiaand