

WAYNE SE GEMMERKOEKIES MET BRUISMEEL
Resep geplaas en foto: Wayne Dugmore
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg bruismeel (2.6 liter)
15 ml kremetart
30 ml gemengde speserye
60 g gemmer
1 kg bruinsuiker
500 g sagte botter
500 g stroop
6 eiers
15 ml koeksoda
125 ml melk
Sif die bruismeel, kremetaart, gemengde speserye en gemmer saam. Maak seker dis goed gemeng. Voeg die bruinsuiker by en meng goed.
Meng die koeksoda met die melk en laat staan solank.
Klits die botter en die stroop goed saam. Voeg die eiers by en meng goed. Voeg die koeksoda mengsel by en meng goed.
Voeg die stroop mengsel by die meelmengsel en meng deeglik tot ‘n stywe deeg.
Laat staan die deeg oornag.
Voorverhit jou oond tot 190°C.
Rol bolletjies van ongeveer 50 sent grotte en plaas in ‘n bakplaat ongeveer 10cm uit mekaar. Druk die balletjies plat met ‘n vurk. Bak vir 15 – 17 minute tot goud bruin.
WENK: Maak jou bolletjies vooruit terwyl die koekies bak. Kry sou gou moontlik jou koekies van die warm bakplaat af en sit die nuwe bolletjies op die warm bakplaat en druk sou gou moontlik plat. NOU druk jy dit ‘n tweede keer plat met ‘n vurk. Dit verseker ‘n lekker dun koekie wat lekker bros bak. Ek het met 4 panne gewerk.
WENK: Om eweredige balletjies te kry vat jy mes en sny die groot stuk deeg in kwarte.
Vat ‘n kwart en vorm ‘n bol.
Sny weer in weer in 4.
Vat nou die nuwe kwarte en vorm bolle.
Sny weer in 4.
Nou kan jy elke stukkie in 3 of 4 stukkies sny afhangende van hoe groot jy jou koekies wil hê.
Dalk nog ‘n keer… ek sou skat dis so 300 medium koekies. 400 klein koekies…






