VARKWORSIES IN ‘N PIKANTE SOUS
500 g Varkworsies
15 ml botter
1 ui , gekap
1 groen soet rissie , onpit en gekap
10 ml matige kerriepoeier
2,5 paprika
15 ml koekmeel
250 ml hoenderaftreksel
30 ml appelasyn
10 ml suiker
1 X 440 ml pynappelstukkies
Sout en swart peper na smaak
Braai die worsies en sny dit in skyfies . Verhit die botter in n braaipan en soteer die ui en soetrissie vir n paar minute . Roer die kerriepoeier en paprika by en soteer nog n paar minute . Roer die meel by en roer dan die aftreksel geleidelik by om n sous te vorm . Voeg by asyn , suiker en pynappelstukkies met vloeistof by en prut vir n paar minute tot die sous verdik . Roer die worsies by , verhit dit tot deurwarm en geur na smaak . Sit dit voor op kapokaartappels , pasta of rys .
Resep geplaas deur Petro van Genderen
Foto: Petro van Genderen