

IDEES MET BLIKKIES VIS EN TUNA
Nadine Harris Steenberg
Help asb, ek weet regtig nie wat om te maak vir aand ete vanaand nie. Ek het pilcaharts vis en tuna ekt gedink om iets daarmee te maak maar ek weet nie wat om saam met dit te bedien nie. Of as julle ander voorstele het se maar, solank dit net vinnig is om te maak. Baie dankie waardeur.
mengelslaai (sonder blare-personal preference) met ‘n vrug, verkieslik mango of pynappel of appel. Dan mayonnaise sousie met kerrie poeier heerlik! Kan slaaitjie opjack met mielies, peppadews, sade ens
Lizette Kapp – maak herderspastei net met die vis of pasta met die tuna met sous
Lize Vd Westhuizen Swart
As jy n blik tamatie en uie in die huis het. Neem die pilcaharts vis en die blikkie tamatie spice lekker met teelepel kerrie, sout en peper meng alles saam in ‘n braai pan tot gaar. Kook spaghetti tot gaar. Meng alles saam heerlik!
Roelien Botha
Baie maklike viskoekie gereg – ek is verslaaf daaraan:
1 groot blik Pilchards, fyn gedruk met ‘n vurk
1 ui, gerasper
1 koppie koekmeel
1 tl bakpoeier
1 tl vis speserye
2 eiers, geklits
1 el vars pietersielie, gekap (opsioneel)
Meng alles saam en bak lepelsvol in olie oor matige hitte.
As ek fluks voel maak ek aartappels daarmee saam, anders net ‘n lekker fris mengelslaai.






