VARKVLEIS – PAD THAI
150 g medium plat rysnoedels
4 – 6 gebakte eiers, om voor te sit
125 ml gekapte grondboontjies, om voor te sit
Kebabs:
500 g varkmaalvleis
2 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml vissous
2 spruituie, fyngekap
Noedels:
60 ml oestersous
25 ml rissiesous
5 ml bruinsuiker
45 ml lemmetjiessap
25 ml sonneblomolie
1 ui, in die helfte en dan in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in repies gesny
350 g murgpampoentjies in spaghetti repe gesny (sien Woolies verkoop die murgpampoentjies spaghetti)
100 g mungboontjiespruite
Bedek die noedels met kookwater en laat dit 30 minute week tot dit sag is.
Kebabs:
Meng die Maalvleis , knoffel , 15 ml van die vissous en spruituie saam. Vorm dit om agt stelle Chinese stokkies. Sit dit in die yskas tot jy reg is om dit gaar te maak. Maak dit oor hoe hitte in ‘n riffelpan of onder ‘n vuurwarm roosterelement gaar – omtrent 4 minute aan n kant.
Noedels:
Roer die res van die vissous, oestersous, rissiesous, suiker en lemmetjiessap saam. Verhit ‘n groot pan of wok. Voeg olie by en braai die ui en knoffel vir ‘n paar sekondes. Voeg die soetrissie, murgpampoentjies en boontjiespruite by en roerbraai dit tot dit net sag is. Gooi die gedreineerde noedels en die sousmengdel in die wok en roer tot dit deurwarm is. Verdeel die noedels tussen die opdienbakkies. Voeg 1 – 2 kebabs en ‘n gebakte eier per persoon by.
Foto: Petro van Genderen
geskuif