

MARIANNE SE HAMBURGER PATTIES MET WORSVLEIS
Ek het so 45 cm stuk wors (OK se wiltshire cured kaaswors) gebruik, beeshart gemaal en ‘n derde soveel soos die worsvleis bygemeng met:
1 koppie broodkrummels
1 eier
1 groot gerasperde uie
Patties gevorm en in vlak olie gebraai. Geen ander geurmiddels bygesit want die wors was vir ons te erg sout.
Bron en Foto: Marianne De Beer






