ROOI SOETRISSIE CREME FRAICHE EN SUURLEMOENSOUS
Gister hierdie sous vir eerste keer gemaak, saam met hoenderborsies. Moet sê dit het baie lekker uitgekom. Het nie rooi soet rissie gehad nie, het groen gebruik en het ook room in plek van creme – fraiche.
½ rooi soetrissie, dun repies gesny
1 gekapte ui
3 ml kerriepoeier
15 ml koekmeel
10 ml hoenderekstrakpoeier
150 ml kookwater
60 ml creme fraiche of room
2 tot 3 skywe suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
Braai die rooi soetrissie in in ‘n bietjie olie.
Braai ‘n gekapte ui en voeg 3 ml kerriepoeier by.
Voeg dit by die soetrissie.
Roer die koekmeel by.
Roer die uiemengsel, die hoenderekstrakpoeier, kookwater, creme fraiche of room, suurlemoenskywe, sout en varsgemaalde swartpepe saam in die pot en kook tot dik.
Plaas hoender terug in pot, kook 3 tot 5 minute en bedien.
Resep geplaas deur Petro van Genderen
Foto: Petro van Genderen