

RONELLE SE EENPOT MAALVLEIS GEREG
Eenpot maalvleis met pasta en kaas.
(My eie resep)
.
Halwe pak pasta
1 ui opgekap saam met vars knoffel
Braai liggies saam.
Voeg 6oog maalvleis by en braai lekker.
Voeg 2 vleisblokkies by asook 2 meduim tamaties opgesny daar by.
Voeg die rou pasta by en kook so vir 20 minute tot pasta lekker uitgesit en gaar is.
As dit nodig is voeg sout by die blokkies is reeds sout.
Ekt myne droerig gekook en 2 koppies gerasperde kaas , chutney en tamatiesous bygevoeg.
Roer goed deur en laat staan bietjie.
Bron en foto: Ronelle Muller Boshoff







Simone Holloway
Ek het toe 500 ml warm water gebruik aangesien ek net bietjie minder as ‘n hele pak pasta gebruik het. Het 1 koppie tamatie sous en 1 koppie blatjang bygevoeg.. Het 2 x Chilly beef vleisblokkies gebruik. En ek het die tamaties geskil.