

PETRO SE LEMON MERINGUES
VULSEL
1 blik kondensmelk
125 ml vars suurlemoensap
2 eiers, geskei
60 ml strooisuiker vir meringue
KORS
250 ml koekmeel, ongesif afgemeet
30 ml mielieblom
30 ml versiersuiker
knypie sout
125 g botter
Stel oond op 180°C.
Maak kors:
Sif koekmeel, mielieblom, versiersuiker en sout saam en vryf botter daarin om ‘n deeg te vorm.
Druk op die boom en teen die wande van ‘n tert bord met ‘n volume van 1,5 l.
Prik goed en bak 7 – 8 minute in die middel van die oond todat dit begin verbruin.
Haal uit en maak vulsel.
Meng kondensmelk met suurlemoensap, meng goed.
Meng eiergele by tot alles goed gemeng is.
Gooi in kors.
Klits eierwitte met strooisuiker tot soos hulle sê shiny, stiff and smooth.
Skep oor vulsel en bak in voorverhitte oond 180°C vir so 10 tot 15 minute, hou maar dop tot dit ‘n mooi goue kleur het.
BRON: Petro van Genderen






