OUMA SE JODETERT
Korse:
425g (800 ml) koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
Knypie sout
200g (250 ml) Suiker
250g Margarien/botter
2 Eiers, geklits
Vulsel:
1.375 ml (5 1/2 koppies) Melk
200g (250 ml) Suiker
4 Eiers
100g (180m ml) Koekmeelblom
10 ml Vanieljegeursel
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die witsuiker by en meng. Vryf die botter/margarien in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels is. Voeg die eiers by en meng tot ‘n sagte deeg. Verdeel die deeg in ses ewe groot stukke, plaas dit in ‘n houer met ‘n deksel en laat dit ‘n rukkie rus.
Bak die korse soos volg:
Draai koekpanne met ‘n deursnee van 20cm om sodat die die boom bo is. Bespuit met kleefwerende sproei of smeer baie goed. Rol ‘n stuk deeg met ‘n rolstok dun op ;n omgekeerde pan uit en sny die rand netjies (hou die afgesnyde deeg vir die sewende kors) Bak die korse in ‘n voorverhitte oond by 180 grade Celcius tot ‘n baie ligte bruin. Maak dit versigtig van die panne los met ‘n eierspaan en laat dit op ‘n draadrak afgly om af te koel. Bak al 6 die stukke deeg sowel as ‘n sewende laag van die afvalstukke deeg. Smeer na elke bak die panne goed.
Laat die melk vir die vulsel amper kook. Klits die eiers en die suiker goed saam en klits dan die koekmeel by. Meng die warm melk geleidelik met ‘n draadklopper in die eiermengsel in en gooi dan terug in die warm kastrol. Plaas terug op plaat en kook stadig tot dik oor lae hitte terwyl dit aanhoudend geroer word. Laat die mengsel amper heeltemal afkoel voor die vanieljegeursel ingeroer word. Skep ewe veel van die vulsel op elke kors en smeer gelyk. Stapel die korse met vulsel dadelik versigtig opmekaar met behulp van eierspane. laat die Jodetert ‘n dag of wat in ‘n toe houer verouder in die yskas voor dit gesny word.
Resep:Reinet Marais
foto: Reinet Marais