

MIKROGOLF SKAAPHARTPASTEI
Naand almal. Nou ja ek het toe pastei in die mikrogolf probeer en is heel ingenome en trots op myself.
Gebruik n kleibak met deksel.
Sny 3 skaapharte en 1 grt ui in blokkies, voeg klein bietjie water by en sout na smaak en mikrogolf 20 min by 60 persent krag.
Sny 1 groot aartappel in klein blokkies en voeg by vleis. Mikrogolf weer 20 min by 60 persent krag.
Voeg water by indien nodig maar net so 1/4 koppie op ‘n slag. Los 1 opgehoopte teelepel bisto op in so kwart koppie water en voeg by. Roer deur en mikrogolf 3 min by 100 persent krag. Giet nou die deeg oor en mikrogolf sonder die deksel vir 10 min by 60 persent krag.
Deeg:
1 koppie koekmeel
1 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/4 teelepels mosterdpoeier
Strooisel gedroogde pietersielie
1 eeetlepel kookolie
1 eier
Voeg water by tot redelik slap beslag.
Strooi bietjie paprika bo-oor of rooipeper vir meer pikante smaak.
Nota: Enige vleis kan natuurlik gebruik word, pas dalk net die gaarmaaktyd so bietjie aan. Steak en kidney sal dieselfde tyd neem, maar taaier snitte sal langer vat
Foto en resep: Marianne de Beer







Marianne de Beer
Halo kosmaats. Vanmore het ek sommer weer die skaaphartpastei se degie gebruik vir n tipe skons in die mikrogolf. Weereens die deeg net stywer gemaak en gerasperde kaas, 1t bovril en knippie rooipeper by die deeg gevoeg. Dis heel lekker, moenie langer gaarmaak, dit lyk amper rou van bo maar dit is nie, kry net nie so lekker bros korsie soos in n oond nie. Ek het sommer lepelsvol in n bak geskep en dit net van mekaar af gebreek soos mens met beskuit doen.