MIKROGOLF SKAAPHARTPASTEI


MIKROGOLF SKAAPHARTPASTEI
Naand almal. Nou ja ek het toe pastei in die mikrogolf probeer en is heel ingenome en trots op myself.
Gebruik n kleibak met deksel.
Sny 3 skaapharte en 1 grt ui in blokkies, voeg klein bietjie water by en sout na smaak en mikrogolf 20 min by 60 persent krag.
Sny 1 groot aartappel in klein blokkies en voeg by vleis. Mikrogolf weer 20 min by 60 persent krag.
Voeg water by indien nodig maar net so 1/4 koppie op ‘n slag. Los 1 opgehoopte teelepel bisto op in so kwart koppie water en voeg by. Roer deur en mikrogolf 3 min by 100 persent krag. Giet nou die deeg oor en mikrogolf sonder die deksel vir 10 min by 60 persent krag.
Deeg:
1 koppie koekmeel
1 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/4 teelepels mosterdpoeier
Strooisel gedroogde pietersielie
1 eeetlepel kookolie
1 eier
Voeg water by tot redelik slap beslag.
Strooi bietjie paprika bo-oor of rooipeper vir meer pikante smaak.
Nota: Enige vleis kan natuurlik gebruik word, pas dalk net die gaarmaaktyd so bietjie aan. Steak en kidney sal dieselfde tyd neem, maar taaier snitte sal langer vat
Foto en resep: Marianne de Beer