

GIDEON SE SUURLEMOEN BROODJIE
½ koppie sagte botter
1 koppie suiker
2 groot eiers
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepels gerasperde suurlemoenskil
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2½ ml sout
½ koppie 2% melk
Glaze :
½ koppie versiersuiker
2 eetlepels gerasperde suurlemoenskil
Verroom die suiker en die botter tot vlokkerig in n mengbak by dit word ingemeng geleidelik die eiers en die die suurlemoenskil en suurlemoensap
Sif die meel, bakpoeier en sout en meng dit in die geroomde bestanddele in, geleidelik saam met die melk.
Meng als goed saam
Smeer n kleinerige broodpan +- 200 x 100 mm en giet die mengsel daarin
Bak dit in ‘n voorverhitte oond vir +- 50 min op 180 ºC
Haal onmiddelik uit pan, meng die glaze en giet dit oor die brood
Ons het nie die glaze gemaak nie en netso ge-eet en smaak soos koek
FOTO: Gideon Louw







Petro Borchard
Ek het die naweek hierdie broodjie van Gideon gemaak. Ek het ‘n suurlemoen stropie bo oor gegooi en met room bedien. Absoluut ‘n wenner! (nè Elizabeth Burger)