BOSDUIF EN SKAAPLIESBREDIE
Braai ongeveer 1/4k varkspek in klein blokkies gesny soos jy kaiings sou doen totdat dit bruin verkleur.
Voeg 1 groot opgekapte ui en paar stukke gekapte spekvleis by en braai nog so 3min.
Los 1 hoenderblokkie in kookwater op en voeg by saam met so
2 knippies pimento,
4 heel naeltjies,
¼ t koljander,
sout na smaak,
ruim knippie mixed herbs.
Voeg 6 skoongemaakte bosduiwe en skaaplies in klein blokkies gesny by. Stoom vir ongeveer 3/4 uur. Skep uit om af te koel en vryf al die vleis van die bene af. Skep terug in die pot en voeg klein aartappeltjies en wortels by en stoom nog 20min. Maak sous dik met maizena in melk opgelos. Prut tot verlangde tekstuur. Bedien op rys met soet groente. Ek het wortelrepies gebruik
Resep en foto: Marianne de Beer