


BOBOTIE PASTEI WIEL
500 g Maalvleis
1 groot ui, gekap
1 huisie knoffel, gekap
7.5 ml medium kerriepoeier
7.5 ml Cape Malay kerriepoeier (W-winkel)
7.5 ml borrie
2 snye witbrood verkrummel en met 50 ml melk gemeng
sout en peper
bietjie olie
2 teelepel suiker
100 ml blatjang
1 handvol rosyne
Marieta se flopvrye pasteideeg
https://www.foodloversrecipes.com/2016/04/marieta-se-flopvrye-pastei-deeg/
Bestryk eier
Braai ui tot glaserig. Voeg knoffel en kerries en borrie by en braai vinnig deur. Skep uit en hou eenkant. Braai maalvleis tot bruin en los. Voeg uie by maalvleis en braai nog so rukkie. Geur met sout en peper en suiker. Voeg blatjang by en laastens die krummels en rosyne. Koel af tot koud.
Rol Marieta se deeg in ‘n sirkel, so 3 duim groter as jou ronde bakplaat. Sit om gesmeerde bakplaat met ‘n poeding bakkie onderstebo in die middel van die tertbord, sodat jou deeg bo-oor die poedingbakkie lê. Skep jou bobotiemengsel eweredig om die heuweltjie. Sny ‘n kruis oor die bergie tot amper teenaan die maalvleismengsel. Sny elke kwart weer in die helfte sodat jy 8 slierte het al om die poedingbak. Vou die buiterand van die deeg in sodat dit 8 hoeke vorm. Bestryk met eier en vou die slierte terug, sodat die deeg bymekaar kom. In elke bakkie wat gevorm het, kan ‘n bietjie blatjang geskep word. Bestryk die hele bedryf met eier en bak 40 min by 200°C tot deurgebak.
Bron en foto: Frikkie Jones






