

PAMPOEN-KERRIE
Ons het lekker sterk pampoen-kerrie geëet vanaand. Ek is baie lief vir pampoen en dis vir my heerlik saam met die kerrie.
600g blokkies beesvleis
2 uie gekerf
4 aartappels
Halwe pampoen in blokkies gesny
1 eetl elk : Rajah medium kerriepoeier, Cumin jeera, kerriepasta
Mother in law kerriepoeier na smaak
Sny uie, aartappels en pampoen blokkies en roerbraai dit saam met bietjie olie en al jou kerrie-speserye. Ek het Hubbard squash pampoen gebruik, want dis vir my ‘n baie lekker pampoen en dit raak nie waterig nie. Voeg vleis by en roerbraai weer ‘n paar minute.
Ek het Rajah medium kerriepoeier gebruik, saam met Cumin jeera, kerriepasta en Mother in law kerriepoeier. Ina Paarman seasoned salt, klein bietjie suiker. Die vleis was blokkies beesvleis. Moenie enige water byvoeg nie. Kook omtrent 20 minute in drukkoker. Verdik sous met klein bietjie Maizena indien nodig. Bedien met rys.
‘n Eetlepel van elk 🙂 Dit sal die ding doen. Minder of nie Mother in Law kerriepoeier nie as mense nie van sterk kerrie hou nie.
Eie resep / eie fotos – Louise Groenewald







Ek het vergeet om te sê…. voeg 1 blikkie Chakalaka by, mild of sterk.