

TANIA SE HEERLIKE WITBROOD
2kg meel
2 pakkies suurdeeg
sout na smaak
1 teelepel suiker
1 eetlepel asyn
100ml olie
lou water.
Gooi meel in n bak maak holte in die meel en gooi suurdeeg, sout, suiker, asyn en olie in die middel en gooi bietjie lou water op en laat staan so half uur. Vat genoeg lou water vir knie, knie vir so 15 min tot sag en elasties hoe slapper die deeg hoe lekkerder is die brood, knie tot deeg nie meer vas sit aan hande nie. Sit deeg in n groot broodpan en laat weer rys en dan bak in oond vir so uur tot gaar en lig
Sodra brood uit oond kom smeer margerien oor die brood en draai in vadoek toe
FOTO EN RESEP: Tania Bianca Benecke Behrens






