

MIKROGOLF KAASSKONS
½ koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Knippie rooipeper
Knippie mosterd poeier
½ koppie gerasperde cheddar kaas
1 eier geklits
30 ml margerine
melk om te meng
Sif droë bestanddele saam, vryf margerine in. Voeg kaas en eier by, meng met melk tot die regte tekstuur. Nie te slap nie.
Skep lepels vol op verbruiningsbak wat 7 min warm gemaak is.
Bak 1 min, draai om en bak nog 1 min op hoog.
Ek het die mikrogolf muffin pan gebruik.
BRON: Suzette De Beer Souwitzsky






