LOUISE SE GEBAKTE LEMOENPOEDING
Vir die deeg:
4 eetlepels botter
1/2 koppie suiker
1 eier, liggies geklits
1/2 koppie melk
1/2 teelepel koeksoda
1 koppie koekmeel
1 en 1/2 teelepels gerasperde lemoenskil
1 eetlepel appelkooskonfyt
Vir die stroop:
2 koppies water
1 koppie suiker
1 koppie lemoensap
2 eetlepels botter
Maak eers die deeg..
1.) Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig en voeg die geklitste eier by. Los die koeksoda in die melk op en voeg alternatiewelik saam met die koekmeel by die eier-botter-suiker-mengsel.
2.) Voeg die appelkooskonfyt en lemoenskil by en meng goed.
Maak nou die stroop:
3.) Meng al die bestandele in n kastrolletjie, bring tot kookpunt oor matige hitte en kook vir 5 minute.
4.) Giet die warm stroop in n oondvaste bak en skep lepels vol deeg in die stroop in. Bak in n voorverhitte oond van 180°C vir 30 minute.
Bedien warm met room of vla.
Resep geplaas deur Louise Nortje Blignault
Foto van Louise Nortje Blignault