

SOMARIE SE “SMASH” VARKTJOPS
Varktjop met ‘n smash baadjie, potato bake en groenbone.
Om die varktjop te maak:
bietjie koekmeel
sout en peper na smaak
2 geklitste eiers
1 pakkie smash, enige geur
Strooi die koekmeel, sout en peper in ‘n bord.
Plaas die geklitste eiers in ‘n ander bakkie en die smash in ‘n ander bakkie.
Doop die varktjop in die meel, dan in die eier en laaste in die smash.
Braai tot lekker bruin in vlak olie.
FOTO EN RESEP: Somarié Muller






