

MARIETJIE SE PASTY DEEG
Deeg resep
2/3 koppies kookwater
500 g margarien
knippie sout
4 koppies meel
Sny margarien in klein blokkies en gooi kookwater oor om sag te maak. Gooi nou sout en meel by en meng goed. Laat oornag in yskas voor gebruik. Ek bak by 240°C die pasteie wat met eier gesmeer is. vries goed.
Bron: Marietjie van der Merwe







Elna Goosen
Ek het n wenk gekry om ipv melk of eier oor pastye te smeer, mayonais oor te sit. Sal nie weer iets anders gebruik nie