


KAASSKONS MET SONGEDROOGTE UIE EN TAMATIE
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
2 ml borrie
250 ml kaas of meer
80 ml gesmelte botter
1 eier
+- 180 ml melk
30 ml songedroogte uie en tamaties elk
60 ml fyngemaakte patats
Sif droë bestanddele
Voeg kaas by
Meng botter, eier en fyn patat saam en gooi 160ml melk by, meng
Maak aan met melkmengsel en indien nodig gooi nog bietjie melk by tot ‘n lekker stewige, klewerige deeg.
Skep in groot muffin pan (6 gaatjies) en bak so 15min by 180ºC. Toets voor jy uithaal.
Dit is maar die lekkerste skons!!!
Bron: Rina Kleinhans






