

DROEVRUGTE BOBOTIE
75 g droë appelkose
50 g pitlose rosyne
75 g droë appelringe
Lemoensap om in te week
500 g maalvleis
1 dik sny brood
500 ml melk
3 eiers
1 groot ui, gekap
25 ml botter (of olyfolie)
30 ml kerriepoeier (verskillendes werk lekker)
15 ml borrie
30 ml suiker
30 ml asyn
10 ml sout
5 ml swartper
Lourierblare
Geflokte amandels
Sny die droë vrugte in stukkies en gooi genoeg lemoensap oor sodat dit kan uitswel (2 groot uitgedrukte lemoene was genoeg).
Breek die brood in stukkies en week dit in 100 ml van die melk.
Dreineer die vrugte en hou die sap (gooi die vrugte in ‘n sif oor ‘n bak en los tot nodig).
Meng die die maalvleis en brood goed saam en plaas eenkant.
Soteer die uie in die botter tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roer vir nog ‘n minuut of so oor die hitte. Voeg die suiker, asyn, sout en peper by en meng. Roer vir so ‘n minuut of wat. Voeg die vrugte by en roer vir ‘n minuut of wat. Voeg die sap by en prut vir so 5 minute tot daar amper niks meer sap oor is nie.
Klits die oorblywende melk en eiers goed saam.
Verwyder die vrugtemengsel van die hitte en meng die maalvleis mengsel daarby.
Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Druk amandels en lourierblare halfpad in die vleismengsel in.
Gooi die melk/eier mengsel oor.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180°C vir ongeveer 50 minute of tot die vlamengsel bo-op gestol en goudbruin is.
Foto en aanpassings deur Wayne Dugmore






