HENDRIK SE PERI PERI HOENDER LEWERS VIR ONTBYT
500 g skoon hoenderlewers
1 eetlepel Portugese peri peri speserye
1 ui, in ringe
1 eetlepel knoffel
1 Jalapeno chilli
1 teelepel gerookte paprika
4 tamaties, geskil en in blokkies
1 teelepel origanum
1 lourier blaar
Braai uie tot sag in olie botter of vet.
Sit knoffel by, braai vinnig maar moet nie laat brand nie.
Roer hoenderlewers in tot goed gemeng met uie.
Sit res van die bestanddele by en prut tot hoender lewers pienk is of na jou smaak.
Bedien op roosterbrood of pap met gebakte eier.
Bron en foto: Hendrik Markgraaf