

“FRENCH TOAST” LASAGNA
1 koppie tamatiesous
1 koppie suurroom
1 ui, fyn gesny
12 snye brood
ham
kaas ‘slices’
gerasperde Mozzarella- en Cheddarkaas,gemeng
Braai die uie in ‘n pan tot sag en voeg die tamatiesous en suurroom by en roer deur.
Pak 4 snye brood in ‘n vuurvaste bak, skep ‘n lagie suurromsous op die brood, pak die ham op die sous, pak die kaas ‘slices’ op die ham en sprinkel die gerasperde kaas oor.
Herhaal die lae nog 2 keer en eindig met ‘n laag sous en gerasperde kaas oor.
Bak die lasagna in ‘n voorverhitte oond by 220ºC vir 15 minute.
Nota – Ek het die 2de keer die lasagne gemaak met maalvleis ipv ham.
Dit hou lekker in die yskas en smaak net beter na ‘n dag of twee.
Resep: Tertia Vivier Van Breda
Foto en nota: Genevieve Roets – hier is my weergawe, het net die tamatie en uie smoor vervang met chakalaka en ek moet erken dit is ‘n wonderlike ete op sy eie. Probeer gerus.






