


1-2-3 SKOTSE BROSBROOD
1 deel strooisuiker (125g)
2 dele sagte botter (250g)
3 dele meel (waarvan ‘n derde maizena is) (125g maizena en 250g meel)
Ruim knippie sout
Meng die botter, suiker en sout tot goed verroom in ‘n mengbak met ‘n houtlepel. Sif die maizena by en meng goed. Sif helfte van die meel by en meng goed. Sif die res van die meel by en meng goed. Druk in ‘n bakplaat in wat bakpapier onder in het (myne was so 1cm dik uitgedruk). Gebruik ‘n vurk en steek die deeg vol gaatjies. Bak vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond van 200°C. Stel die temperatuur af na 180°C en bak nog 20 minute tot mooi bruin. Haal uit die oond uit en sny in blokkies. Sif strooisuiker bo-oor. Laat staan in die pan tot afgekoel. Ek het 64 blokkies van 2cm by 2cm uitgekry.
Bron en foto: Wayne Dugmore
2de Foto: Elsabie Templeton







geskuif
Oorgeplaas na nuwe blog!