


GROOTMAAT ANYS BESKUIT
4 pinte melk (2 L)
6 eiers
1 bottel aartappel suurdeeg (500 tot 750 ml)
1 pond botter (500 g)
anys saad na smaak
sout na smaak
10 pond koekmeel (5 kg)
5 koppies suiker
Suur vroeg in.
Kook melk en suiker saam en sit halfpond botter in maar moet nie verder kook nie. Laat koel tot lou warm. Meng die sout, eiers en suurdeeg in die lou mengesel melk en suiker. Begin nou 5 koppies meel by sit tot gladde slap deeg. Maak toe met doek en laat rys op warm plek.
As dit goed gerys het begin meel byvoeg en knie tot dit nie meer aan jou hande vas sit nie en goed elasties is. Laat rys oornag op ‘n warm plek.
Ons draai dit in knie doek en kombers toe met warm water sak binne.
Volgende oggend kry jou panne reg en smeer goed met orige botter.
Knie die deeg af en begin bolletjies afknyp met botter hande, rol en vul panne.
As panne vol is sit weer op warm plek en laat rys.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC.
Breek in stukke en droog in oond by 75 to 100ºC.
Resep en foto: Hendrik Markgraaff
https://www.foodloversrecipes.com/2015/03/aartappelsuurdeeg/
Nota en foto: Annatjie Maritz Joubert
Ek het die pers kitsgis -15 g gebruik ipv aartappelsuurdeeg en gewoonweg geknie, ek het net die helfte van die resep aangemaak.








Annatjie Maritz Joubert
Het gister die Grootmaat anysbeskuit resep gemaak en dit is regtig n treffer! Het die resep halveer maar sal dit in die vervolg volledig maak.