


PATERNOSTER SOUSKLUITJIES
Sous:
1 koppie Suiker
100 gram Botter
3 koppies kookwater
1 teelepel Vanielje Geursel
Beslag:
1 koppie Suiker
50 ml Botter
3 Eiers
3 koppies Bruismeel
100 ml water
Sous:
In ‘n groot pot, plaas 1 koppie suiker en 100 gram botter en kook op medium hitte.Wanneer die botter gesmelt en goud bruin is, gooi die kookwater en die vanielje geursel by.
Beslag:
Meng 1 koppie suiker en die 50ml botter tot romerig.
Voeg 3 eiers by en meng tot romerig en glad. Voeg dan 3 koppies bruismeel en 100ml water by.
Skep die beslag een lepel op ‘n keer in die sous (wat kook) in. Kook vir 15-30 minute, met die deksel op, tot die deeg gaar is.
FOTO 2: ek skep my kerrie kos bo op dit maar so lyk dit sonder kos
Bron: Elandre Boeta Renken






