GLUTEN EN SOJA-VRYE MIELIEBROODJIE
(gluten / koring en soja vry)
225g blik roomsuikermielies
100 ml mieliemeel of kreemymeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
1 eier geklits
25 ml olie
Meng al die bestanddele saam, skep in klein gesmeerde broodpannetjie of 4 minibroodjies.
Bak 25-30 minute tot goudbruin en gaar
Bron: Annie Catharina Van As