

ELTHEA SE HEERLIKE HERDERSPASTEI
45 ml olyfolie
1 ui fyngekap
2 knoffelhuisies gekap
500 g maalvleis
1 (410g)blik tamaties
45 ml origanum
45 ml pietersielie
250 g gemengde groente
4 aartappels gekook tot sag en fyngedruk
1 eier geklits
Verhit oond tot 200 ºC
Verhit olyfolie in n medium pot.
Plaas ui en knoffel in pot en braai stadig vir sowat 5 min tot dit begin verkleur, voeg maalvleis by en roer braai vir 8-10 min,voeg tamaties en kruie by en verlaag hitte laat stadig print vir 10 min, voeg gemengde groente by en geur met sout en peper.
Skep in gesmeerde of gespuite oondpan, skep fyn aartappels bo-op en verf met geklitste eier.
Bak vir 10-15 min.
BRON – Elthea Hass






