

APPEL TARTE-TATIN
Appel Tarte-Tatin met Marieta se pasteideeg. (Deeg is aangepas)
Smelt 1 k Suiker en halwe K water in n dieperige pan of tatin. Laat water wegkook en karmeliseer die suiker tot n mooi medium karamel. Gooi so 60g botter by en laat smelt. Pak ontkernde, geskilde appelkwarte in netjies, maar stewig in die pan. Verlaag die hitte. Sprinkel knippie van elk oor: neutmuskaat, sout, gemmer, kaneel. Sit deksel op en laat saggies kook tot appels sag en mooi bruin is. Hou eenkant (onbedek) tot nodig.https://www.foodloversrecipes.com/?s=Marieta+se+flop+vrye+pastei+deeg
Maak Marieta se Pasteideeg, maar gooi n halwe teelepel kremetart by. Koel die deeg lekker en rol en vou die feeg soos vir skilferdeeg. Doen dit 3 keer en koel dit elke keer af voor jy weer rol. Wanneer gereed, rol jou deeg sny n sirkel so 2 cm groter as die pan en bedek die appels. Wikkel die kante van die deeg inder die appels in. Sny n kruisie en bak by 180 vir 40 min. Sit bor bo oor pan en draai vinnig om. Geniet met dik room, roomys en as dit moet, vla.
FOTO EN RESEP: Frikkie Jones






