

GERDA SE KITS MIKROGOLF MELKTERT
1 blik kondensmelk
700 ml warm water
50 ml koue water
100 ml maizena
2 eiers
5 ml vanilla geursel
Bietjie sout
15 ml margarine
1 pak tennisbeskuitjies
Kook water en kondensmelk margarine en bietjie sout saam in mikrogolf oond vir 6 min op hoog.
Maak maizena met die koue water aan, voeg eiers een vir een by saam met vanilla geursel.
Skep warm mengsel by koue mengsel en kook in mikrogolf tot dik.
Pak koekies in ‘n tertbak as kors, skep die vulsel in die bak oor die koekies en strooi kaneel oor na smaak.
Laat afkoel om heeltemal te stol.
Resep en foto: Gerda Venter






