

ALTA SE KERRIE BEESVLEIS OP RYS
Hier is my kerrie beesvleis met basmati rys. Tanya Erasmus, ek het jou mengsel bietjie aangepas en die volgende gedoen:
Ongeveer 1kg beesvleis blokkies
2 uie groot gesny
2 tamaties in blokkies gesny
1 blikkie klappermelk
Braai dit in olyfolie
Meng die volgende:
1 t Rajah kerrie (pers boksie)
1 t Rajah kerrie (geel boksie)
1/2 t Masala
1 t borrie
1/2 t gemmer
1 t paprika
2 t fyn koljander
1/2 t komyn
1 e blatjan
1 e worchesthire sous
2 t appelkooskonfyt
2 – 3 e olyfolie
Voeg die mengsel by die uie en tamaties en braai vir so 5 min
Voeg die vleis by en braai vir so 5 – 10 min. Gooi 1 blik klappermelk en +-2 k water by en sit die deksel op en kook tot die vleis amper sag is. Voeg klein blokkies aartappels by en kook verder tot alles sag is (in totaal omtrent 3 ure). Â Sit sout en peper in na smaak.
Verdik die sous met mielieblom en bietjie water.
Jy kan meer of sterker kerrie gebruik, hierdie brand nie vreeslik nie ter wille van die kinders đ
RESEP EN FOTO: Â Alta Lubbe






