

VIER VAN ALLES POEDING
4 eetlepels meel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie melk
½ koppie olie
1 teelepel koeksoda
knippie sout
Voeg al die nat bestanddele by mekaar, meng goed.
Voeg al die droe bestanddele bymekaar.
Meng die twee goed in ‘n mengbak.
Plaas dit in ‘n glas oondbak.
Bak vir 30 – 35 min op 180°C.
Bron: Andolien Fourie






